Beheerliggaam: 2011
Dr Gert van Staden (Voorsitter)
Leon Kotzé
Mnr Patrys Bester
Amanda Lategan
Marius van Zyl
Cielie Myburgh
Mnr Hennie Weideman (Skoolhoof)
Mnr Jannie Paterson (Adjunk-hoof)
Mev Elza van der Merwe (Sekretaresse)
Afdeling A - Algemeen
A8 - Gedragskode Vir Leerders Van Laerskool Swartland Deel 1
Inhoudsopgawe
1. Agtergrond. (2)
2. Aanvaarding van gedragskode. (2)
3. Woordbepalings. (2)
4. Hersiening van Gedragskode. (2)
5. Wysiging. 2
6. Interpretasie. 2
7. Leerders gebonde. 3
1. Agtergrond
- Laerskool Swartland (hierna genoem “die skool”) is ‘n openbare skool soos bedoel in Artikel 12, gelees met Artikel 52 van die SA Skolewet, 1996. (Wet 84 van 1996) (hierna genoem “die Skolewet”) en geleë in Malmesbury, Weskaap.
- Die beheer van die skool vestig in sy beheerliggaam ingevolge Artikel 16 van die Skolewet.
2. Aanvaarding van gedragskode
- Die beheerliggaam aanvaar hiermee hierdie Gedragskode vir leerders van die skool.
3. Woordbepalings
In hierdie Gedragskode, tensy dit uit die samehang anders blyk, bevat die volgende woorde die betekenisse daarteenoor aangetoon.
| “Beheerliggaam” |
Beheerliggaam van die skool, behoorlik ingestel kragtens die Skolewet |
| “Skool” |
Laerskool Swartland |
| “Minister” |
Die Minister van Onderwys |
| “Provinsiale Departement” |
WKOD |
| “Skoolhoof” |
Die dienende Skoolhoof of waarnemende Skoolhoof van Laerskool Swartland |
| “Opvoeder” |
Enige opvoeder, insluitende die Skoolhoof wat van tyd tot tyd onderwysdienste by die skool lewer |
| “Leerder” |
Enige leerder behoorlik toegelaat en ingeskryf by Laerskool Swartland |
| “Algemene klasreëls” |
Verwys na Huishoudelike reglement |
| “Dissiplinêre Komitee” |
Die komitee of die lede van die beheerliggaam van die skool, wat oor stemreg beskik, aangestel en gemagtig is kragtens resolusie van die beheerliggaam om die beheerliggaam te verteenwoordig in die uitoefening van sy funksies in terme van hierdie Gedragskode |
| “Die Skolewet” |
Die Suid-Afrikaanse Skolewet Nr 84 van 1996 |
| “Ouer” |
Enige persoon wat ‘n wettige ouer of voog van ‘n leerder van Laerskool Swartland is |
4. Hersiening van Gedragskode
Hierdie Gedragskode moet jaarliks deur die beheerliggaam hersien word, of wanneer nodig.
5. Wysiging
Hierdie Gedragskode mag gewysig word slegs na konsultasie met die opvoeders en BL, as verteenwoordigers van ouers van die skool. Wysigings sal in werking tree wanneer dit deur die BL goedgekeur en aanvaar is en dit bekend gemaak is aan die opvoeder, ouers en leerders van die skool by wyse van plasing op die skool se webwerf.
6. Interpretasie
Enige meningsverskil rakende die interpretasie van hierdie Gedragskode, sal finaal besleg word by wyse van ‘n beslissing van die beheerliggaam.
7. Leerders gebonde
Elke leerder van die skool is gebonde aan hierdie Gedragskode.
Aanvaar Deur Die Beheerliggaam Van Laerskool Swartland.
Afdeling A - Algemeen
A8 - gedragskode vir leerders van laerskool swartland deel 2
Inhoudsopgawe
Inleiding. 2
1. Skoolreëls.
- Reëls met betrekking tot die veiligheid en opvoeding van die leerling; 2
- Reëls met betrekking tot die bestuur van die skool 3
- Reëls met betrekking tot die algemene beeld en status van die skool 3
2. Strafmaatreëls (Sien ook die Dissiplinêre Beleid) 3
3. Huishoudelike reglement: Skoolreëls. 3
3.1 Inleiding. 3
3.2 Skooldrag. 3
3.3 Voorkoms. 4
3.4 Voor skool 4
3.5 Gedrag op skoolterrein.. 4
3.6 Reëndae. 5
3.7 Bus. 5
3.8 Afwesigheid. 5
3.9 Besoeke van maats. 6
3.10 Eiendom.. 6
3.11 Sport 6
3.12 Uitstappies. 6
3.13 Saalbyeenkomste. 6
3.14 Algemeen.. 6
3.14.1 Besoekers. 6
3.14.2 Studente. 7
3.14.3 Klassituasie. 7
3.14.4 Terreinsituasie. 7
3.14.5 Speelareas. 7
Inleiding - Ons gee vir die kind om, daarom glo ons dat:
1. Elke kind ‘n unieke skepsel van God is en in ooreenstemming met Sy wil gelei moet word tot geloof in die Drie-enige God, maar dat daar geen diskriminasie hoegenaamd teen ‘n leerling op grond van sy of haar geloof, kultuur en ras sal bestaan nie;
2. Ons skool ‘n menslike karakter moet hê en dat die kind gelei moet word om gelukkig te wees;
3. Die kind by die onderrig- en leergebeure betrek moet word;
4. Die kind en sy/haar ouers in ag geneem moet word; en
5. Ons primêre taak is om die kinders te help om hulle volle potensiaal te bereik.
6 Van ons leerlinge word verwag om oral en altyd:
6.1 Hoflik en beskaafd op te tree;
6.2 Gehoorsaam en eerlik te wees;
6.3 Opdragte na die beste van hul vermoë uit te voer;
6.4 Met ywer en entoesiasme aan die skoolprogram deel te neem;
6.5 Vir hul eie en ander se eiendom respek te hê;
6.6 Die regte en belange van die individu te respekteer, beskerm en bevorder;
6.7 Deugde soos netheid, hardwerkendheid, getrouheid en lojaliteit te beoefen;
6.8 Respek aan ons land te betoon; en
6.9 Om te sien na hul eie en ander se geestelike en liggaamlike welsyn.
1. Skoolreëls
Hierdie gedragskode moet saamgelees word met die volgende wetgewing:
a) Section 3 (n) of the National Education Act, Act No. 37 of 1996
b) Bill of Rights in the Constitution of the Republic of SA 1996, Act No. 108 of 1996
c) The South African Schools Act, Act No. 84 of 1996 section 8 (1)
d) Huishoudelike reglement
e) Dissiplinêre Beleid van Laerskool Swartland
1.1 Reëls met betrekking tot die veiligheid en opvoeding van die leerling:
1.1.1 Leerlinge moet tydens die vasgestelde skoolure stiptelik skool bywoon. ‘n Leerder mag nie gedurende skoolure sonder die skoolhoof se verlof uit ‘n klas afwesig wees of die skoolterrein verlaat nie. In ‘n geval van afwesigheid moet die ouers ‘n rede aan die skoolhoof verstrek.
1.1.2 Terwyl ‘n leerling onder die skool se toesig is, mag hy of sy nie so optree dat hy ‘n ander persoon se liggaamlike welsyn benadeel of in gevaar stel nie en mag hy nie wapens, speelgoed of stowwe wat liggaamlike besering kan veroorsaak in sy haar besit hê nie.
1.1.3 Terwyl hy onder die skool se toesig is, mag ‘n leerling nie dwelmmiddels of alkoholiese drank of aanstootlike leesstof of materiaal of kougom in sy besit hê nie of aan ander gee nie.
1.1.4 Skooleiendom of enigiets by die skool wat die eiendom van iemand anders is, mag nie beskadig, ontsier, besoedel of sonder toestemming geneem word of gebruik word nie.
1.1.5 Leerders moet behoorlike gedrag toon in die badkamers, bv nie speel, toiletpapier of water mors nie, ens.
1.1.6 Die fisiese aanranding van leerders en opvoeders sal summier aan die SAPD oorhandig word.
1.2 Reëls met betrekking tot die bestuur van die skool
1.2.1 ‘n Leerder moet aan die opvoedingsprogramme deelneem soos deur die Departement van Onderwys voorgeskryf word, tensy vrystelling deur die Departement verleen is.
1.2.2 Wanneer ‘n leerling hom by ‘n buitemuurse bedrywigheid vrywillig aangesluit het, moet hy hul verpligtinge en verantwoordelikhede in verband daarmee stiptelik nakom, tensy hy deur die skoolhoof of afrigter daarvan vrygestel is.
1.2.3 Leerlinge mag geen fasiliteite en toerusting van die skool, met begrip van die vir sport, buite skoolure, sonder toestemming van die skoolhoof of afrigter, gebruik nie en mag nie buite skoolure die skoolterreine sonder verlof betree of gebruik nie.
1.3 Reëls met betrekking tot die algemene beeld en status van die skool
1.3.1 Geen leerling mag minagting teenoor die Republiek van Suid-Afrika se nasionale simbole of die skool se kodes openbaar nie.
1.3.2 Geen leerling mag die naam van sy skool op enige wyse in diskrediet bring nie.
1.3.3 Die persoonlike voorkoms, taalgebruik en kleredrag van ‘n leerling moet aan die welvoeglikheidsnorme voldoen wat normaalweg in die gemeenskap, wat deur die skool bedien word, aanvaar word.
1.3.4 Leerlinge moet tydens skoolure en tydens die bywoning van ander skoolbedrywighede in volledige skooldrag geklee wees, tensy verlof van die skoolhoof verkry is om informeel geklee te wees.
2. Strafmaatreëls (Sien ook die Dissiplinêre Beleid)
2.1.1 Die oortreding van hierdie skoolreëls is aan straf en dissiplinêre maatreëls onderhewig.
2.1.2 Vir die praktiese toepassing van die straf sal die skool se dissiplinêre beleid van toepassing wees.
2.1.3 Die aard en omvang van die straf sal deur die skoolhoof of deur ‘n persoon wat skriftelik daartoe gematig is, bepaal en toegepas word.
2.1.4 Indien skorsing of uitsetting uit die skool oorweeg word, sal dit streng ingevolge die bepalings van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996), Artikels 8 (5), 9 (1) en 9 (2) toegepas word.
2.1.5 Die ouer of voog mag teen die uitsetting appelleer.
3. Huishoudelike reglement: Skoolreëls
3.1 Inleiding
3.1.1 Dit is natuurlik dat alle reëls vir alle betrokkenes nie ewe aanvaarbaar sal wees nie.
3.1.2 Daar sal egter chaos heers as elkeen toegelaat word om te maak soos hy of sy wil.
3.1.3 Niemand is vryer as hy wat binne die reëls handel nie.
3.2 Skooldrag
3.2.1 Kleredrag moet te alle tye en in elke opsig volgens die skool se kleredrag-voorskrifte wees.
3.2.2 Nuwe leerlinge wat van ander skole kom, mag die vorige skool se klere dra, as ‘n tydelike vergunning, solank dit bruikbaar en netjies is.
3.2.3 Sport moet in die betrokke sportdrag beoefen word.
3.2.4 Na skool word die volledige skooldrag gedra, of geen deel daarvan nie.
3.2.5 Skoene moet skoon wees.
3.2.6 Kledingstukke moet duidelik gemerk wees.
3.3 Voorkoms
3.3.1 As dogters se hare langer as kraaglengte is, moet dit vasgemaak wees. Dit moet te alle tye skoon en netjies wees. Lang stukke hare mag nie voor die ore afhang nie, dit moet vasgesteek wees.
3.3.2 Dogters se hare mag nie terug gekam {“getease”} of gekleurd wees en hoog op die kop vertoon nie. Slegs haarboë, kopbande, linte, balletjies en handdoekstofrekkies is toelaatbaar en moet in DONKERBLOU wees. Slegs enkele donkerblou knippies mag gedra word.
3.3.3 Seuns se hare moet te alle tye skoon, kort, netjies en nie volgens ‘n styl geknip of gekleurd wees nie. Indien ‘n leerder modelwerk doen, moet die skriftelike bewyse aan die BL voorgelê word. Die seun(s) se hare moet nog steeds netjies en versorg wees.
3.3.4 Die skool behou die finale oordeel oor die netheid van die kapsel en mag ‘n ouer versoek om die seuns se hare te laat sny.
3.3.5 Die hare van leerlinge mag nie in hul oë hang nie.
3.3.6 Juwele word nie toegelaat nie, behalwe horlosies. Geen seëlringe is toelaatbaar nie.
3.3.7 Slegs goud- of silwerkleurige oorringetjies of “studs” mag deur dogters in die ore gedra word en dan slegs een so ‘n item aan elke oor afsonderlik.
3.3.8 Geen naeltjieringe of neusringe word toegelaat nie.
3.3.9 Geen grimeermiddels of naellak (gekleurd of deurskynend) word toegelaat nie.
3.3.10 Deurskynende, glans lipstiffie mag ook nie gebruik word nie, slegs Lip Ice.
3.3.11 Geen sigbare tatoeëermerke sal toegelaat word nie.
3.3.12 “Civviedae”: (Dieselfde as skooldae)
- Geen juwele of grimering nie.
- Hare moet vasgemaak wees.
- Geen buitengewone KORT of STYWE klere nie.
- Geen midrifhempies mag gedra word nie.
- Geen “Spaghetti”-bandjie hempies nie
- Geen hoëhakskoene nie
3.4 Voor skool
3.4.1 Geen beweging in gange voor skool nie.
3.4.2 Leerderleiers doen diens.
3.4.3 Slegs klaskapteine mag in klasse wees.
3.5 Gedrag op skoolterrein
3.5.1 Die skoolterrein en –geboue moet netjies gehou word.
3.5.2 Plante, diere en voëls moet beskerm word.
3.5.3 Daar word nie binne die skoolterrein op fietse of skaatsplanke gery nie.
3.5.4 Geen gevaarlike speelgoed word toegelaat nie.
3.5.5 Leerlinge mag nooit so speel dat enigiemand verontrief of leed aangedoen word nie.
3.5.6 Hardloop of speel in die skoolgebou, skoolgange of stoepe, is streng verbode en geen strepe mag op die vloere deur skoeisel getrek word nie.
3.5.7 Na toetrede tot die skoolterrein in die oggend, mag geen leerling die terrein verlaat sonder die toestemming van die skoolhoof nie.
3.5.8 Swak gedrag binne sowel as buite die skoolterrein is strafbaar.
3.5.9 ‘n Onderwyser se gesag word altyd eerbiedig.
3.5.10 Die leerderleiers [prefekte] tree in die plek van die onderwysers op die speelterrein op.
3.5.11 Leerlinge tree oral en altyd beleef op teenoor almal.
3.5.12 Kru of vulgêre taal of tekens word nie geduld nie.
3.5.13 Verbale teistering is onaanvaarbaar.
3.5.14 Bakleiery op straat / skoolterrein is streng verbode.
3.5.15 Voor skool, gedurende pouses en in die namiddag mag leerlinge slegs onder toesig van ‘n onderwyser of leerderleier in die klaskamer kom.
3.5.16 Geen etery word in klaskamers toegelaat nie.
3.5.17 In die gange word daar altyd in netjiese rye gestap. Koffers word in die hand, weg van die muur gedra.
3.5.18 Tasse en koffers moet netjies in ‘n ry buite ‘n lokaal gepak word. (bv. By die Kunsklas, Houtwerkklas, ens)
3.5.19 Geen kougom sal geduld word nie.
3.5.20 Geen selfone sal op die skoolterrein en klaskamers toegelaat word nie. Spesiale gevalle moet met die kantoor gereël word.
3.6 Reëndae
3.6.1 Leerlinge bly voor skool en gedurende pouses in die gange en/of lokale soos deur die onderwyser gereël.
3.6.2 Geen rond hardlopery of spelery in die gange nie.
3.6.3 Beweging in die gange moet tot die minimum beperk word.
3.6.4 Leerderleiers sowel as onderwysers doen diens.
3.7 Bus
3.7.1 Swak gedrag en spelery word nie in die bus geduld nie.
3.7.2 Kougom is in die bus verbode.
3.7.3 Die bus word altyd netjies agtergelaat.
3.7.4 Leerders mag nie by die bus se vensters uitleun of arms swaai nie.
3.7.5 Leerders mag nie tekens wys of uitskree nie.
3.8 Afwesigheid
‘n Briefie deur die ouer, ter bevestiging van afwesigheid, moet altyd by die klasonderwyser ingehandig word.
3.9 Besoeke van maats
3.9.1 Moenie op weeksdae ‘n besoek by jou maatjies voor 15:00 aflê nie.
3.9.2 Voordat jy gaan kuier, maak seker dat jy nie jou maat met sy tuiswerk steur nie.
3.10 Eiendom
3.10.1 Respekteer alle eiendom, ook jou maats s’n.
3.10.2 Lenery van mekaar se kledingstukke en ander artikels is streng verbode.
3.11 Sport
3.11.1 Leerders moet die nodige respek toon teenoor afrigters, aanbieders, skeidsregters en mede leerders/deelnemers.
3.11.2 Daag betyds op
3.11.3 Dra die toepaslike sportdrag vir die betrokke aktiwiteit, veral Graad 4 tot 7
3.11.4 Luister as iets verduidelik word.
3.11.5 Moet nie tussenin gesels nie.
3.11.6 Moet nie rommel strooi nie
3.11.7 Sportdae: Leerlinge maak gebruik van skoolvervoer, tensy anders gereël.
3.12 Uitstappies
3.12.1 Beweeg in ‘n groep
3.12.2 Luister na en doen wat jou onderwyser vra.
3.12.3 Wees trots op jul skool.
3.12.4 Moet nie probeer verspot wees nie.
3.12.5 Leerders kan onttrek word van uitstappies, indien hulle van wangedrag aangekla word of herhaaldelike oortredings begaan.
3.13 Saalbyeenkomste
3.13.1 Stap stil en ordelik in die saal in en uit.
3.13.2 Geen pratery of rondbeweeg tydens saalbyeenkomste nie, tensy jy die saal dringend moet verlaat en dan slegs nadat verlof van ‘n onderwyser aan diens verkry is.
3.14 Algemeen
- Op Sondae word die skoolterrein nie betree nie.
- Sportgeriewe op die terrein is vir ander skole se leerlinge verbode.
- Daar word flink op die klok gereageer.
- Leerlinge moet die terrein rommelvry hou.
- Op sluitingsdae word jonger boeties en sussies of maats nie saam skool toe gebring nie.
3.14.1 Besoekers
3.14.1.1 Staan op as onderwysers die klas inkom en groet hoflik.
3.14.1.2 Moet nie gesels terwyl volwassenes met mekaar gesels nie.
3.14.2 Studente
3.14.2.1 Moet nie met die studente onnodige geselsies aanknoop nie.
3.14.2.2 Hulle word as gaste ontvang en as volwassenes gerespekteer.
3.14.2.3 Wys goeie maniere en ondersteuning
3.14.2.4 Dosente word hoflik gegroet en leerders moet aan studente hulle volle samewerking gee. [Mooi maniere en goeie gedrag in klas ]
3.14.3 Klassituasie
3.14.3.1 Moet nooit antwoorde uitskree nie. Steek jou hand op as jy ‘n vraag wil vra of iets wil sê.
3.14.3.2 Moet nie praat terwyl die onderwyser besig is om te praat nie
3.14.3.3 Jy mag die onderwyser onderbreek deur jou hand op te steek.
3.14.3.4 Die aanbieding sal die klasatmosfeer bepaal.
3.14.3.5 Leer aan om die eerste keer te luister.
3.14.3.6 Dit is onnodig om rond te loop.
3.14.3.7 Geen briefies gedurende klasaanbieding nie.
3.14.3.8 Raak dadelik stil wanneer aankondigings oor die interkom gemaak word. Maak notas indien nodig.
3.14.4 Terreinsituasie
3.14.4.1 Leerders speel by hul eie speelterrrein wat vir die graadgroep aangewys is.
3.14.4.2 Om te verdaag gebruik die leerlinge die naaste uitgang aan die lokaal waarvandaan hulle moet verdaag na buite.
3.14.4.3 Gedurende pouses loop die leerlinge buite om die gebou om die snoepie te besoek, nie deur die gange nie, veral nie by Graad 1 nie.
3.14.4.4 Geen leerling mag voor skool in die gange of klaskamers wees nie, veral nie by die kantoor en personeelkamer nie.
3.14.5 Speelareas
3.14.5.1 Graad 1 op die area by hulle buitedeur, boonste terras, asook die bande-area vanaf die tweede kwartaal.
3.14.5.2 Graad 2 verdaag by buitedeur en speel by bande-area. Graad 1 mag ook hier speel.
3.14.5.3 Graad 3 speel op die netbalbane by die graad 3-lokale
3.14.5.4 Graad 4 speel op die area tussen die Engelse- en Graad 3- en 4-vleuels, asook op die netbalbane by die Graad 3-lokale.
3.14.5.5 Graad 5 speel op die teerblad by die graad 5 lokale
3.14.5.6 Graad 6 speel op die rugbyveld
3.14.5.7 Graad 7 speel by die graad 7-klasse langs die skool
3.14.5.8 Engelse Junior klasse speel op die area tussen die Engelse-, Graad 3- en 4-vleuels, asook op die netbalbane by die Graad 3-lokale.
3.15 Medikasie,dwelms en alkohol
3.15.1 Die hoof/opvoeders moet ingelig word van enige medikasie wat die leerder moet gebruik.
3.15.2 Geen dwelms, alkohol of tabak (in welke vorm ookal) word op die skoolterrein toegelaat nie.