Print this page

Gedragskode

Gedragskode

GEDRAGSKODE VIR OUERS

Swartland-ouers en ondersteuners :

·                Se gedrag getuig te alle tye van positiewe ondersteuning van ons leerders op die sportveld.

·                Erken altyd die gesag van enige skeidsregter met die vertrekpunt dat die skeidsregter altyd reg is.

·                Is saam met ons leerders altyd nederig in die oorwinning en verloor met grasie.

·                Stel eerlikheid voorop as deel van die wyse waarop ons deelneem aan sport.

·                Weerhou hulle van enige negatiewe op- of aanmerkings teenoor enige ondersteuners of beamptes van ons teenstanders.

·                Meng nie in met spankeuses nie en respekteer die gesag van die afrigter.

·                Gaan nie op die veld indien ʼn speler van ons beseer word nie, die afrigter sal u roep indien dit nodig is.

·                Respekteer die afrigter en span se spanpraatjies tydens rustyd van ʼn wedstryd deur nie in te meng of met u kind te gaan gesels nie.  Verder weerhou ouers hulle ook daarvan om by oefeninge in te meng.  Dit is inteendeel opvoedkundig vir u kind voordelig indien ‘n ouer nie eers sigbaar/teenwoordig is tydens oefeninge nie.

·                Respekteer die kommunikasiekanale van die skool  indien daar ʼn probleem ontstaan en volg die regte kanale om probleme op te los.

·                Tree altyd so op dat ons teenstanders ons lof besing omdat ons altyd onberispelik optree.

·                Ondersteun ons skool deur Swartland-ouers of -ondersteuners wat negatief optree self reg te help.

·                Moedig deur ons voorbeeld ons leerders aan om goeie sportmanskap, selfdissipline, selfbeheersing en deursettingsvermoë te leef.

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

·                Ek woon alle oefeninge by en doen wat my afrigter my leer.

·                Ek neem deel vir my skool , my span en dan myself.

·                Ek het altyd die regte klere aan.

·                Ek aanvaar altyd die beslissing van die skeidsregter en neem volgens die reëls van die spel deel.

·                Ek is altyd betyds.

·                Ek gebruik nie vuil of negatiewe taal nie.

·                Ek wen met nederigheid en verloor met grasie.

·                Ek doen altyd my uiterste bes.

GEDRAGSKODE VIR AFRIGTERS EN SKEIDSREGTERS

·                Ek is met alle oefeninge GOED VOORBEREI.

·                Ek verseker dat alle toerusting betyds en in orde is.

·                Ek verteenwoordig my skool en is ʼn voorbeeld vir leerders en ouers.

·                Ek dra altyd die regte sportdrag.

·                As afrigter, aanvaar ek altyd die beslissing van die skeidsregter.

·                Ek is altyd betyds.

·                Ek gebruik nie vuil of negatiewe taal nie.

·                Ek wen met nederigheid en verloor met grasie.

·                Ek is altyd konsekwent en objektief in die hantering van leerders.