Print this page

Biblioteek

Laerskool Swartland het  ‘n pragtige, groot, gerekenariseerde biblioteek wat gereelde ure binne en buite onderrigtyd beskikbaar is vir alle leerders van ons skool. Leerders word aangemoedig om die biblioteek te gebruik om sodoende hul kennis en ondervinding te verbreed.

Materiaal vir take en opdragte  is by die biblioteek beskikbaar en vriendelike personeel en biblioteekprefekte staan leerders by. Die materiaal in die biblioteek word gereeld aangevul en opgradeer, sodat die inligting beskikbaar nie verouderd is nie.