Print this page

Skoolsale

Ons groot skoolsaal is 'n ruim saal met 'n gallery waar leerders allerlei aktiwiteite beoefen. Hier is al deur talle belangstellendes en ouers gekyk na konserte en opvoerings van formaat. Van ons oud-leerders wat vandag groot name in die vermaaklikheidswêreld is, het hier in ons skoolsaal hul eerste klein treetjies gegee.

Baie van ons sport en kultuuraktiwiteite word ook hier aangebied en sommige buite sportsoorte word ook hier afgerig.

Die skoolsaal is ook 'n bron van inkomste vir die skool, aangesien sommige goedgekeurde instansies die saal huur vir funksies.

NUWE SAAL!

Die nuwe grondslagfase saal is ingebruik geneem. Hierdie saal spreek van vooruitgang met sy moderne uitleg en pragtige interieur.