Print this page

SA Skole Skaak Kampioenskappe

Carli het die vakansie aan die SA Skole Skaak Kampioenskappe in Kimberley deelgeneem, nadat sy 18-19 Mei 2019 in Mosselbaai tydens die Wes-Kaap Skole Skaak Kampioenskappe ingesluit is in die Wes-Kaap Skole Skaakspan.

Sy het baie goed gevaar in Kimberley en ’n 3de plek behaal. Sy het 4 van haar 7 wedstryde gewen en 1 gelykop gespeel.

Daar is nou ook ’n moontlikheid vir haar om in 2020 aan die Wêreld Skole Skaak Kampioenskappe, asook Afrika Skole Skaak Kampioenskappe te gaan deelneem.

LSS is baie trots!