U KIND EN SOSIALE MEDIA / YOUR CHILD AND SOCIAL MEDIA Ouers ons raak vandag ‘n sensitiewe, dog kritiese, onderwerp aan in die nuusbrief. Ons almal is deeglik bewus van die krag en die gepaardgaande gevaar rondom sosiale media. Die gebruik van sosiale media as kommunikasiemiddel het so snel gegroei, uitgebrei en vermeerder dat ‘n mens skaars kan kophou. Saam hiermee is daar die persepsie dat enige iets toelaatbaar is…