REDENAARS

Anke du Toit, Carlo van der Merwe, Jean-Mari Pienaar & Thomas van Wyk het aan die Spanredenaars van Podiumpret se Lees- en Sprekervaardighedekompetisie deelgeneem. Hulle het ʼn gemiddeld van 90% verwerf wat aan hulle die 1ste plek besorg het in die Gr 7 afdeling. Ons is baie trots op hierdie leerders!

EISTEDDFOD PRYSUITDELING

Dit is vir ons 'n groot voorreg om die pryswenners van die Wes-Boland Eisteddfod vir 2019 aan u bekend te maak! Baie geluk aan die volgende leerders: Mishca Africa, Carlie Claassen, Lené Haasbroek, Johané Hewett, Abigail Knoesen, Jan-Hendrik Lategan, Zoé Lortan, Skyla-Reeve Mostert, Anike van der Merwe, Christina van der Merwe, Janie Steyn (3 toekennnings), Marili Walters (2 toekennings). Die volgende leerders het pryse vir ballet ontvang: Jako Cillilers, Hilge…

EISTEDDFOD GEDIGTE GRAAD 1 - 3

Ons Graad 1 - 3 maters het die week deelgeneem aan die Eisteddfod gedigte afdeling.  Hulle het die volgende sertifikate ontvang: GRAAD 1: 6 CUM LAUDE 6 GOUD 2 SILWER 2 BRONS   GRAAD 2: 4 CUM LAUDE 9 GOUD 4 SILWER   GRAAD 3: 11 CUM LAUDE 2 GOUD 4 SILWER   Welgedaan!  Ons is baie trots op julle!

Wes Boland Eisteddfod Koor 2019

KOOR EISTEDDFOD PRESTASIES Ons is super trots op ons junior en senior koor wat beide Cum Laude by die Eisteddfod verwerf het. Ons senior koor het ook die trofee vir die wenkoor verower. Om koor te sing verg baie ure van harde werk vir ons leerders, koorleiers, begeleiers en ouers. Baie dankie vir u ondersteuning van ons kore. Hulle harde werk is goed beloon!! We are super proud of our…

Eisteddfod Junior Choir

Ons Junior Koor het op 05 Augustus aan die Eisteddfod deelgeneem te LSS onder begeleiding van Me Annalita Goosen (koorleier) en klavierbegeleiding deur Me Azelda Walters.  They received a Cum Laude!  Voorwaarlik trots op die stemmetjies. Please watch the attached video.

Skaak - Weskus Topskole Toernooi

SKAAK - Weskus Topskole Toernooi Op Saterdag 27 Julie het die volgende leerders deelgeneem aan die Weskus Topskole Toernooi, en is as die O/13 wenners van die toernooi aangewys:. Carli Claassen, Zichri Knoesen, Enya van Bosch, Stefan du Plessis, JP Visser (kaptein) en Jeandre van Wyk. Ons is baie trots op hierdie skaakspelers!!

Eisteddfod Junior Spreekkoor 29 Julie 2019

Ons Junior Spreekkore het met mag en mening in Langebaan vandag aan die Eisteddfod deelgeneem.  Juf Marichen se groep stap weg met Cum Laude en Juf Mari met Goud.  Welgedaan maats en juffrouens!

WOW-SPELKOMPETISIE

WOW-SPELKOMPETISIE Ons leerders het weer eens uitstekend gevaar in die eerste rondte van die WOW-spelkompetisie, en dring deur na die volgende rondte wat plaasvind op 23 Augustus. Ons deel graag die uitslae met u: Gr 1 Noëlle Boshoff, Daniel Titus; Gr 2 Chanelle Kleinhans, Annemarie Steyl, Gr. 3 Nina Titus, Dawid Bierman en Janke Viljoen, Gr. 4 Jani Visagie, Karli Scott en Madelé Steyl; Gr. 5 Mignon Burger, Helena Vermaak;…

SA Skole Skaak Kampioenskappe

Carli het die vakansie aan die SA Skole Skaak Kampioenskappe in Kimberley deelgeneem, nadat sy 18-19 Mei 2019 in Mosselbaai tydens die Wes-Kaap Skole Skaak Kampioenskappe ingesluit is in die Wes-Kaap Skole Skaakspan. Sy het baie goed gevaar in Kimberley en ’n 3de plek behaal. Sy het 4 van haar 7 wedstryde gewen en 1 gelykop gespeel. Daar is nou ook ’n moontlikheid vir haar om in 2020 aan die…

Skaak: South African Junior Chess Championship

Carli Claassen is gekies om aan die South African Junior Closed Chess Championship deel te neem in die Maart vakansie vanaf 16 tot 23 Maart 2019. Ons is Swartland Trots!
Page 1 of 4

Kalender

Pos Adres

St Thomasstraat, Posbus 140 Malmesbury

Telephone

022 482 2251 | 022 487 1102

Fax

086 668 3274

Epos

admin@swartlandls.co.za

Contact Info

Tel: 022 482 2251

Tel: 022 487 1102
Fax: 086 668 3274

GrR: 022 487 2400

E-mail: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.