Skaak: South African Junior Chess Championship

Carli Claassen is gekies om aan die South African Junior Closed Chess Championship deel te neem in die Maart vakansie vanaf 16 tot 23 Maart 2019. Ons is Swartland Trots!

Krieket: Laerskool Swartland O/13A vs Boishaai (W)

Laerskool Swartland se O/13 A span het op 30 Januarie 2019 teen Boishaai 'n wedstryd gespeel. Laerskool Swartland wen met 36 lopies. Kobus Steyn het goed gekolf en bring sy kant met 47 lopies! Uitstekend!

Krieket: Laerskool Swartland O/13A (T) vs St Thomas

Laerskool Swartland speel op 23 Januarie teen St Thomas op LSS velde - LSS kolf eerste en teken 194 vir 4 in 20 beurte aan. St Thomas uit vir 12 lopies.  

Laerskool Swartland Swemgala - Dinsdag, 22 Januarie 2019

Met groot opwinding het klein en groot deelgeneem aan die Laerskool Swartland swemgala vandag - selfs van die onnies het vinnig ingespring!

Krieket O/11 A Riebeek Kasteel vs O/11B Laerskool Swartland (21 Januarie 2019 - Tuis)

Riebeek Kasteel O/11A het op Maandag, 21 Januarie 2019, Laerskool Swartland besoek vir 'n vriendskaplike wedstryd tussen die twee spanne.  Op die foto sien ons die opgewekte gesiggies van die twee spanne asook Mnr Johan Kotzé (Riebeek Kasteel) en Mnr SG du Toit (Laerskool Swartland).

2019 Leerlingraad

Baie geluk aan die leerlingleiers wat by die jaarlikse prestige-funksie aangewys is. Congratulations to the learners who was announced as prefects for 2019.

Graad 4 bou die sonnestelsel!

Planete 1 - Juffrou 0 Die graad 4 klasse het dit baie geniet om laas week die sonnestelsel te bou.

OOV / KOK

OOV / KOK Baie dankie aan alle ouers wie hulle bereid verklaar het om op die OOV en KOK’s te dien. Tydens die eerste vergadering is die volgende persone tot die OOV-bestuur verkies:     Graad R - Karien Schreve   Graad 1 - Janet Pretorius   Graad 2 - Liana Heyneke (tesourier) , Magdeline Rooms   Graad 3 -  Antionette Meyer (voorsitter)   Graad 4 - vakant   Graad…

Amesa 2018

Hierdie leerders het Silwer en Goud sertifikate ontvang vir Amesa! 

CONQUESTA 2018 OLIMPIADE PRESTEERDERS

Hierdie leerders het almal platinum status ( 90% + ) behaal met hierdie jaar se Conquesta deelname! Baie geluk julle!

Kalender

Pos Adres

St Thomasstraat, Posbus 140 Malmesbury

Telephone

022 482 2251 | 022 487 1102

Fax

086 668 3274

Epos

admin@swartlandls.co.za

Contact Info

Tel: 022 482 2251

Tel: 022 487 1102
Fax: 086 668 3274

GrR: 022 487 2400

E-mail: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.