Eudrich het die naweek aan die "Battle of Battles" kampioenskap tussen alle klubs in George deelgeneem.
Hy het 4 wedrenne vir die dag gery en al 4 gewen.
Hy het ook die finale wedren gewen en dus die eerste plek in die kampioenskap in die 270CC klas gewen.
Dit is voorwaar n groot prestasie vir een drywer om al sy wedrenne vir die dag te wen.
Laerskool Swartland is baie trots op jou Eudrich!