×

Warning

JUser: :_load: Unable to load user with ID: 22

Rugby teen Cranmore op 11 April 2016

Vanjaar het ons 0/13 A span afgeskop of 'n hoë noot.  Cranmore, 'n toerspan van Engeland het op 11 April teen ons gespeel.  Ons het gou die oorhand gekry en halftyd nog geen punte afgestaan nie.  Die wedstryd is toe gewen deur Swartland 33 - 5. Baie geluk en voorspoed vir die seisoen.

Boland atletiek span 2016

Elf van ons skoliere is gekies vir die Boland Atletiekspan.  Dit is voorwaar 'n groot prestasie.  Baie geluk!  Ons is baie trots op julle. Baie voorspoed aan Adriaan J. van Rensburg, Tiaano Walters, Dillon Oppelt, Nikita Toerien, Jana Nel, Marissa Cotte, Kristen vd Ross, Nico van Zyl, Chloë Lottering, Lize-Mari Batt en Karli Joubert.

Swem - Uitnodigingsgala

Laerskool Swartland het 19 skole uitgenooi na ons jaarlikse swemgala.  Ons sê baie dankie aan Spar wat die dag vir ons geborg het.  Dankie aan al ons personeel wat as beamptes opgetree het.  Baie geluk aan almal wat medaljes ontvang het.  

Krieket uitslae van 3 - 12 Februarie 2016

Mnr N. Edas se 0/11A span het op 3 Februarie teen St. Thomas gespeel.  Hulle het met 70 lopies gewen.  Dawid Kotzé was die beste kolwer.  Die span het goed saam gespeel en het baie potensiaal.  Hulle het op 8 Februarie teen Klein Boishaai gespeel en ongelukkig met 12 lopies tweede gekom.  Mnr Edas het hulle vergesel. Op dieselfde dag het die 0/11B span onder leiding van mnr. Keyser, teen…

Krieket uitslae 8 - 10 Februarie 016

8 Februarie het ons )/11B span onder leiding van mnr Keyser teen Paarl Primêre Skool gespeel.  Swartland het met 26 lopies gewen . Die beste kolwer was Zander Garcia met 53 nie uit en beste bouler was Juan Meyer met 4 paaltjies. Dit was 'n uitstekende vertoning deur Laerskool Swartland.  Tydens die kolfbeurt was ons 18 vir die verlies van 5.  Die span het op die einde 100 lopies aangeteken.…

Kleure swemgala 2016

Groot en klein het hul swemtalent gewys en deelgeneem aan ons swemgala.  It was a fun afternoon filled with laughter en excited parents.  Dankie vir elke ouer en al die beamptes wat gehelp het by die gala. Die Goudspan het gewen met die Witspan tweede en die Blouspan derde.  

Kleursport 2015

Ons het weer 2 suksesvolle  dae van kleursport gehad. Die  kompetisie was taai en rekords is gebreek.  Die drie kleurgroepe se temas was pragtig en verfrissend. Baie geluk aan die Goudspan wat gewen het en die Bloupan wat die sangbeker gewen het. Baie dankie aan elke mamma wat in die kombuis gewerk het en almal se honger en dors gestil het.  Julle was kampioene.

SPORT GEDURENDE 19 - 25 OKTOBER 2015

Op 21 Oktober het ons 0/13A span teen Riebeeck-Kasteel gespeel.  Ons het ongelukkig verloor met 3 paaltjies.  André Pienaar het 43 lopies aangeteken, Ian Nel het 3 paaltjies vir 33 lopies gevat.   Op 22 Oktober het ons by St Thomas tennis gespeel.  Ons spanne het goed gespeel en al hul wedstryde gewen.   Ons mini-krieketspannetjies het op 22 Oktober hulle uitstekend van hul taak gekwyt by die CPM mini-toernooi.…

Outenikwa-toer het uiteindelik aangebreek!

Na maande se woeker en opgewondenheid, het die busse uiteindelik vertrek!  Die kinders se opgewondenheid het selfs die ouers, en onderwysers aangesteek.  Die spanne het met welslae van die velde en bane afgestap en die sportmansgees was duidelik sigbaar tussen albei skole.  Doodmoeg, maar baie tevrede is almal weer Saterdagaand veilig terug in Malmesbury. Dit was weereens groot pret en plesier!  Volgende jaar doen ons dit weer! 

Sport gedurende die week van 1 Augustus tot 8 Augustus 2015

We had a busy sport week.  Here are the results;  Hockey against Hugo Rust and WA Joubert: The boys won 9 of the 12 games they played.  The girls won 5 of the 11 games that were played and drew 3.  Well done! Die hokkie uitslae teen Noord-Eind is as volg:  Die seuns wen 4 van hul wedstyde en speel een gelykop.  Die meisies wen 3 van hul wedstryde, verloor…

Kalender

Pos Adres

St Thomasstraat, Posbus 140 Malmesbury

Telephone

022 482 2251 | 022 487 1102

Fax

086 668 3274

Epos

admin@swartlandls.co.za

Contact Info

Tel: 022 482 2251

Tel: 022 487 1102
Fax: 086 668 3274

GrR: 022 487 2400

E-mail: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.