Auden Julies is in die Boland o/13 gholfspan. Hy is nommer 3 gekeur. Baie geluk!

Wat 'n heerlike byeenkoms!   Dankie aan elke leerling wat deelgeneem het.  'n Spesiale dank aan elke onderwyser wat weer getrou op hul poste was.  Dankie aan elke ouer wat gehelp het om ons magies vol te hou en ons dors geles het.  A special thanks to Miss Elmarie who did an excellent job in organizing the whole event.  

Baie geluk aan die wenspan, Goud. Baie geluk ook aan die Witspan, wat die sangbeker gewen het.  Sterkte aan elke atleet vir die seisoen wat voorlê.

Ons 0/13B span het teen CPM gespeel.  Ons het met 8 paaltjies gewen.  Die beste kolwers was Kristoff Smith en Hanré Pieterse.  Aidon Abrahams was die beste bouler met 2 paaltjies vir 20 lopies.  Op 2 November speel ons 0/13A  span teen Dirkie Uys.  Hulle wen hul laaste wedstryd van hul laerskool loopbaan.  André Pienaar was die beste kolwer met 53 lopies nie uit nie.  SJ Kotzé was die beste bouler met 3 paaltjies vir 24 lopies.  Baie geluk aan hierdie spanne.  Dankie vir die twee afrigters vir hul toegewyde werk.

Op Donderdag was daar 'n mini-krieket toernooi by ons skool.  Laerskool Swartland het die meeste van hul wedstryde oortuigend gewen.  Baie geluk!

Laerskool Swartland speel op 17 Oktober teen Hugo Rust.  Die 0/11A span verloor met 112 lopies en die 0/11B wen met 30 lopies.  Die beste kolwer was Aiden Foot en Deacon Morison met 30 lopies elk.  Die beste bouler was ook Deacon Morison.  Die spelers het goed saamgespeel, as'n span en met die kolf.

Op 19 Oktober speel die 0/13 A en B spanne teen Hugo Rust.  Die A span wen met 56 lopies.  AW Steyn was die beste kolwer met 47 lopies en Kyle Manuel die beste bouler met 4 paaltjies vir 21 lopies asook André Pienaar met 4 paaltjies vir 22 lopies.

Die Bspan wen met 9 paaltjies.  Die beste kolwer was Kristoff Smith met 30 nie uit nie.  Corné Dawson het as beste bouler klaargemaak. met 3 paaltjies vir 13 lopies.  Dit was 'n goeie wedstryd en die spelers het die basiese dinge goed gedoen.  Baie geluk aan al vier spanne.

Ons was geseënd met 'n heerlike sonskynwintersdag.  Goeie hokkie, netbal en rugby is gespeel.  Ten spyte van al die verlore het ons eerste rugbyspan 6 - 5 gewen.  Baie geluk seuns, julle is ysters!  die volledige uitslae verskyn op die communictor en in die nuusbrief.

Op 4 Mei het ons teen Eikestad hokkie gespeel en baie goeie wedstryde gehad.  Ons het 6 gewen en 7 verloor.  Die rugby en netbal het die 10de gespeel en die volgende tellings behaal.  Rugby het 6 wedstryde gewen en 7 verloor. Die netbalspanne het 3 gewen en 13 verloor. 

OP 5 Mei het ons rugby- en netbalspanne teen Liebenberg gespeel.  Die netbalspanne het 5 gewen en 1 verloor.  Die rugbyspanne het 8 gewen en 1 verloor.

Op 11 Mei het ons hokkiespanne gespeel teen Bridge House.  Ons het 11 wedstryde gewen en 6 verloor.  Baie dankie aan al die afrigters vir jul harde werk en toewyding. 

Ons hokkie spanne het baie goeie wedstryde gehad. 11 gewen, 4 verloor en 3 gelykop gespeel.

Die netbal het 'n bietjie swaar gekry met 4 wenne en 11 verloor.

By die rugby was daar tawwe stryde en alhoewel ons net 5 gewen het en 10 verloor het, het ons eerste span met 'n oortuigende 64 - 7 gewen. 

Ons het weer 2 suksesvolle  dae van kleursport gehad. Die  kompetisie was taai en rekords is gebreek.  Die drie kleurgroepe se temas was pragtig en verfrissend.

Baie geluk aan die Goudspan wat gewen het en die Bloupan wat die sangbeker gewen het.

Baie dankie aan elke mamma wat in die kombuis gewerk het en almal se honger en dors gestil het.  Julle was kampioene.

Op 21 Oktober het ons 0/13A span teen Riebeeck-Kasteel gespeel.  Ons het ongelukkig verloor met 3 paaltjies.  AndrĂ© Pienaar het 43 lopies aangeteken,

Ian Nel het 3 paaltjies vir 33 lopies gevat.  

Op 22 Oktober het ons by St Thomas tennis gespeel.  Ons spanne het goed gespeel en al hul wedstryde gewen.  

Ons mini-krieketspannetjies het op 22 Oktober hulle uitstekend van hul taak gekwyt by die CPM mini-toernooi.  
Swartland wen 11 van die 12 wedstryde. 

Op 23 Oktober het ons krieket 0/13A span teen Beaumont gespeel.  Ons het mooi gespeel en dit baie geniet. AndrĂ© Pienaar het 16 lopies aangeteken en Micah Daiber het 2 paaltjies vir 6 lopies gevat.

Baie dankie aan al die afrigters wat betrokke is.

Kalender

Pos Adres

St Thomasstraat, Posbus 140 Malmesbury

Telephone

022 482 2251 | 022 487 1102

Fax

022 482 3880

Epos

admin@swartlandls.co.za

Contact Info

Tel: 022 482 2251

Tel: 022 487 1102
Fax: 022 482 3880

GrR: 022 487 2400

E-mail: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.